Glo jy onteenseglik in die Bybel?
Aanvaar jy al die verhale, geskrifte,
profesieë, briewe en opdragte wat in die Bybel opgeteken is? Glo jy die
verhaal van Jona in die vis se maag, die verhaal van die sondeval en Noag
se ark? Glo jy dat die Bybel in sy geheel deur God geïnspireer is? En baie
belangrik, glo jy die Bybel is vandag nog in sy totaliteit relevant?
|
 |
|
Botha
Familie Bybel |
Die Bybel is deurlopend onder hewige aanvalle en selfs op die hoogste
vlakke word die inhoud verwerp en verdraai, omdat mense dit eenvoudig nie
meer glo nie. Hoogleraars by Universiteite (ja, in Suid Afrika) en selfs
dienende predikante van alle denominasies verwerp die kernwaarhede van die
Bybel. Die maagdelike geboorte, wonderwerke, opstanding, hemelvaart en
Jesus se Godheid word openlik verwerp. Daar is baie groeperinge wat die
Bybel slegs as 'n “goeie boek” beskryf, omdat hulle glo dat die Bybel se
waardes ten minste goed is, maar van verlossing en sondevergifnis is daar
geen sprake nie. Nie eers te praat van die Heilige Gees nie. Groepe soos
die Nuwe Hervormers aanvaar bykans niks meer nie, maar talle van daardie
mense maak steeds hulle brood en botter met die Bybel, terwyl hulle die
inhoud verwerp.
Hoe
goed ken jy die Bybel? Nie net die inhoud nie, maar ook die geskiedenis
van die samestelling van die Bybel? Indien jy so 'n paar van hierdie feite
begin verstaan, sal jy waarskynlik saamstem dat dit inderdaad 'n Boek is
om mee rekening te hou.
Kyk hoeveel van hierdie basiese vrae kan jy reg antwoord
Waar
kom die Bybel vandaan?
Hoeveel mense het daaraan geskryf?
Oor hoeveel jare is die Bybel geskryf?
Het Jesus (en Paulus) die ou Testament in sy huidige vorm gehad?
Het Paulus ooit vir Jesus een tot een ontmoet?
Hoeveel boeke is daar in die Bybel?
Waar is die Bybel geskryf?
In watter tale is dit geskryf?
Wie het die boek Hebreërs geskryf?
Hoeveel boeke het Paulus geskryf?
Hoeveel van die Evangelies vertel van Jesus se geboorte?
Was Matteus, Markus, Lukas en Johannes almal dissipels?
Hoeveel van die dissipels se name ken jy?
Hoe lank gelede is die Bybel in sy huidige vorm saamgestel?
Is daar 'n boek met die naam Judas?
Wat was eerste geskryf. Die Bybel of die Koran van die Moslems?
Ek is
oortuig daarvan dat 'n klompie van hierdie vrae vir jou duister is. Soos
dit ook vir my was. Soos wat ek egter meer oor hierdie dinge opgelees het,
het my geloof toegeneem. Hierdie is nie eers vrae oor die inhoud nie,
slegs die totstandkoming van die Bybel.
Algemene opmerkings
Die
Bybel is die mees verstommende boek ooit, waarvan meer kopieë as enige
ander boek ooit verskyn het. Die Bybel het ook meer mense se lewens
verander as die totaal van al die boeke saam wat ooit in die hele wêreld
gepubliseer is. Mense ken soveel dele van die Bybel uit die kop uit, dat
jy die hele Bybel sal kan oorskryf as jy hierdie klomp mense bymekaar sou
bring. Dit is ook op elke denkbare media beskikbaar.
Die
belangrikste van alles, na duisende jare van die bestaan daarvan, weet
teoloë dat absoluut niks moet verander nie. Dit IS die onfeilbare Woord
van God.
Antwoorde
Waar kom die Bybel vandaan? |
Deur God geinspireer |
Hoeveel mense het daaraan geskryf? |
Meer as 40 |
Oor hoeveel jare is die Bybel geskryf? |
Ongeveer 1600 jaar |
Het Jesus (en Paulus) die ou Testament in sy huidige vorm gehad? |
Nee, net gedeeltes |
Het Paulus ooit vir Jesus een tot een ontmoet? |
Nie sover ons weet nie. Nie opgeteken. |
Hoeveel boeke is daar in die Bybel? |
39
Ou Testament en 27 Nuwe Testament. Totaal van 66 boeke |
Waar is die Bybel geskryf? |
Noord-Afrika, Asië en Europa |
In
watter tale is dit geskryf? |
Grieks, Hebreeus en Aramees |
Wie het die boek Hebreërs geskryf? |
Onbekend |
Hoeveel boeke het Paulus geskryf? |
13
van die 27 (bykans die helfte) |
Hoeveel van die Evangelies vertel van Jesus se geboorte?
|
Net Mattheus en Lukas |
Was Matteus, Markus, Lukas en Johannes almal dissipels? |
Nee, net Matteus en Johannes |
Hoeveel van die dissipels se name ken jy? |
Lees in Markus 3:16 |
Hoe lank gelede is die Bybel in sy huidige vorm saamgestel?
|
397 na Christus, dus ongeveer 1600 jaar gelede |
Is
daar 'n boek met die naam Judas? |
Ja, net voor Openbaring. Nie Judas Iskariot. |
‘n Paar bewyse wat die betroubaarheid van die Bybel steun
Opgrawings bring geweldig baie kennis mee. Oor baie jare het baie mense
probeer om die Bybel verkeerd te bewys deur inligting deur argeologie te
versamel, maar steeds is nie een enkele feit uit die Bybel verkeerd bewys
nie. Profesieë uit die Ou Testament kom tot vervulling in die Nuwe
Testament, terwyl daar dikwels duisende jare tussenin verloop het. Baie
baie mense kom tot bekering deur net die Bybel te lees, en verstaan die
kernaangeleenthede presies dieselfde.
Verskillende agtergronde van die
skrywers
Baie
min van die skrywers het mekaar geken en hulle het ook in verskillende tye
geleef, maar tog is die goue draad wat regdeur die Bybel loop baie
prominent. God is lief vir die mens, wil nie dat sonde die mens oorheers
nie, en het Saligheid vir die mens in gedagte. Hierdie basiese feite loop
regdeur die Bybel en is geskryf deur mense wat mekaar meesal nie geken het
nie, en ook meesal nie mekaar se geskrifte gehad het nie.
Moses |
Goed opgevoede politieke leier |
Josua |
Militaris |
Salomo |
Koning |
Dawid |
Koning |
Daniël |
Eerste Minister |
Nehemia |
Skinker |
Amos |
Skaapboer |
Matteus |
Tollenaar |
Lukas |
Dokter |
Petrus |
Visserman |
Paulus |
Fariseër / Rabbi / Tentmaker.
Paulus was 'n geleerde man, en het onder Gamaliël studeer. Hy het die
wet baie, baie goed geken en was so fanaties dat hy Christene links en
regs vervolg het, totdat Jesus sy lewensrigting dramaties verander
het. |
Profesie
Daar is meer as 5000 profesieë in die Ou
Testament opgeteken, waarvan die meeste reeds waar gekom het, maar nog nie
een enkele een is sover verkeerd bewys nie.
Omtrent 330 profesie oor Jesus is in die ou testament opgeteken, sommige
met verstommende akkuraatheid!
Jesaja 53 is natuurlik alombekend vir die Messiaanse profesieë wat
opgeteken is.
Hier volg net enkele belangrikes:-
PROFESIE |
OU
TESTAMENT |
VERVULLING IN NUWE TESTAMENT |
Gebore uit ‘n maagd |
Jes 7:14 |
Matt 1:18, 23 -25 |
Gebore in Bethlehem |
Miga 5:1 |
Matt 2:1 |
Prys van verraad |
Sag 11:12-13 |
Matt 27:7-10 |
Lot oor sy kleed |
Ps
22:18 |
Joh 19:23-24 |
Opgewek uit die dood |
Ps
16:10 |
Hand 2:25-32 |
Opgrawings bewys die waarheid van die
Bybel
Dr Flinders Petrie en William Ramsey
was bekende argeoloë wat probeer het om die Bybel verkeerd bewys. Ramsey
het dit sy lewenstaak gemaak om as deel van sy werk die Bybel verkeerd te
bewys. Hy was nes sy pa 'n ateïs en hulle was welgesteld. Hy het baie
boeke oor sy werk geskryf oor 'n lang tydperk. Sy laaste boek het egter
gehandel oor sy bekering! Hy kon nie een enkele feit uit die Bybel
verkeerd bewys nie. Inteendeel...
In 1947 - 1952 word die Dooie see rolle langs die Dooie see ontdek in 11
grotte. Weens die voggehalte in die grotte bly hierdie rolle (scrolls)
merkwaardig behoue. Van hierdie rolle is die oudste wat die mens ooit
ontdek het, en van onskatbare waarde. Van bykans elke boek in die Bybel
word kopieë ontdek.
Daar bestaan vandag geen enkele oorspronklike geskrif of brief van die
Bybel nie, omdat dit met tyd vergaan het. Daar het net eenvoudig nie
materiaal bestaan wat eindeloos kon hou nie en daarom het alles net met
tyd vergaan. Bybelkopiëring was egter 'n baie belangrike kunsvorm en is
baie noukeurig en akkuraat gedoen.
Wanneer is die Bybel saamgestel?
Die Bybel is oor 'n tydperk van ongeveer
1600 jaar geskryf tot ongeveer 100 jaar na Christus. In die eerste paar
eeue na Christus verskyn daar talle geskrifte oor die gebeure van die
Bybel. Die gebeure van daardie tyd het mense so aangegryp dat baie mense
begin het om daaroor te skryf. Alles was egter nie outentiek nie, maar
mense het dit slaafs begin glo. Vandag ken ons van hierdie geskrifte as
die apokriewe boeke en sommiges bevat wel baie feite van die gebeure. In
die laat 300's begin die vroeë kerkvaders egter besin oor watter boeke dan
as waar en korrek beskou moet word en wat nie. Teen die jaar 397 word die
Bybel egter in sy huidige vorm aanvaar in terme van die boeke, sowel as
die volgorde daarvan. Alles in die Bybel is egter nie kronologies
opgeteken nie.
Die Koran
Die vraag word dikwels gevra waar die
Koran dan in die prentjie pas en waar dit vandaan kom.
Die Koran word deur die Moslems as die
heilige woord van Allah beskou en glo dis ook die finale woord van hulle
god (klein letters). Hulle glo ook dat die Koran totaal wegdoen met die
Bybel.
In die jaar 610 begin Mohammed ('n
militaris en politieke leier) die Koran skryf tot en met sy dood 23 jaar
later. Die Koran bestaan nie uit testamente nie, maar hoofstukke. Bykans
al die karakters in die Ou Testament word genoem, maar bykans geen van die
Nuwe Testament nie.
Adam, Eva, die tuin, die slang, sondeval,
skepping, Noag en die ark, Job, Lot, Abraham, die Konings en talle ander
word genoem, maar nie in die volgorde soos in die Bybel nie. In die
Afrikaanse vertaling van die Koran staan:- “Abram was 'n regverdige, 'n
goeie Moesliem”.
Van die Nuwe Testament lees ons net van
Jesus (wat nogal die Messias genoem word) en sy moeder, Maria. Daar staan
egter:- “Jesus was geen god nie, hy en sy ma het voedsel geneem”. Dit
beteken dat Jesus moes eet soos 'n mens om aan die lewe te bly en dus nie
God kon wees nie.
Nou bly die vraag, watter een van die twee
geskrifte dra die meeste gewig?
Wel die Bybel was reeds saamgestel soos
ons dit vandag ken, meer as 200 jaar voor Mohammed begin skryf het aan die
Koran! Mohammed het dus die Bybel as bron gebruik. Stem jy saam dat die
oudste geskrifte meer gewig moet dra?
Bybel kopiëring
Natuurlik was Xerox fotostaatmasjiene so
bietjie te laat om die Bybel te reproduseer. Bybel kopiëring is baie
tydsaam met die hand gedoen, deur geletterde mense. Deur die eeue was dit
'n baie spesiale vakgebied en was uiters akkuraat gedoen. Daar word vertel
dat mense wat dit gedoen het hulleself vir 'n ruk afgesonder het as
voorbereiding, en dan onder streng toesig geskryf het. Taal was nie soos
ons dit ken nie, en daar was bykans geen spasies tussen letters nie.
Voordat Jesus se Naam geskryf is, moes die persoon blykbaar eers sy hande
gaan was! Indien 'n fout gemaak is, was die hele boek verwerp en
vernietig.
Kopië van Jesaja wat meer as 'n duisend
jaar uitmekaar gekopieër was is opgegrawe, en slegs enkele leestekens het
verskil, verder nie een enkele letter nie. Die geskrifte is gedateer op
grond van die materiaal waarop dit geskryf is.
Bybelvertaling
Mense stoei nogal baie oor watter
vertalings die akkuraatste is. Daar word verkeerdelik geglo dat die
nuwe vertalings vertaal word uit die vorige vertaling (bv, die 1933/1953
word gebruik om die 1983 te vertaal). Dit is egter nie waar nie. Wanneer
'n nuwe vertaling gedoen word, word die oudste geskrifte wat intussen
beskikbaar is (dikwels deur opgrawings) gebruik om die vertaling te doen.
Neem in ag dat die Dooie See rolle ontdek is nadat die 1933 vertaling
gedoen is. Voorts verstaan taalkundiges die antieke tale nou baie beter as
jare gelede. Antieke Grieks het maar uit sowat 1000 woorde bestaan. Vandag
verstaan ons die taal baie beter en verstaan ons die konteks van die
woorde (wat soms verskillende gebruike gehad het) ook beter. Die woord
“Yom” wat in Genesis 1 gebruik word vir “dag”, was ook gebruik vir
“tydperk”. So is daar hordes woorde wat dubbel betekenis gehad het en
vandag beter verstaan word.
Mense glo ook dat daar tekste in die nuwer
vertalings uitgelaat is wat in die ouer vertalings opgeteken is. Dit is
ook nie korrek nie. In die 1933/1953 vertalings was daar inderdaad tekste
wat opgeneem is en later weggelaat is, maar dit was kant aantekeninge wat
op die oorspronklike kopieë aangebring was, en nie deel was van die
grondteks nie. Dit is dus korrek dat dit weggelaat moet word.
Die vraag wat mens egter moet vra is:-
deur watter vertaling sal die Here die beste met jou en my praat? Die
antwoord is eenvoudig. Die Here sal met jou praat deur dit wat jy lees. En
as jy seker wil maak, kry vir jou E-Sword en lees 'n teks uit al die
vertalings.
Die Bybel verander baie mense se lewens
Baie, baie mense het tot bekering gekom
deur net die Bybel te lees.
Alle ware Christene word verander deur die
Bybel en groei in hulle geloof.
Die Bybel bly absoluut relevant vir
vandag, asof dit gister geskryf is.
Die Nuwe Testament hef nie die Ou
Testament op nie! Baie waarhede in die Ou testament is nog net so van
toepassing as toe dit geskryf is. Die Nuwe Testament kan ook beskou word
as die vervulling van die Ou Testament.
‘n Paar punte om in ‘n moeilike gesprek te gebruik.
As
iemand nie glo in die Bybel nie, vra:-
·
Wat verstaan jy
nie van die Bybel nie?
·
Waar weerspreek
die Bybel homself?
·
Het jy al die
Bybel gelees?
·
Hoe kan jy ‘n
uitspraak maak as jy dit nie gelees het nie?
As die persoon ander geskrifte
voorhou, vra of hy dit gelees het. Die antwoord sal gewoonlik “nee” wees,
vra dan waarop hy sy Saligheid berus.
Die Bybel is 'n ongelooflike boek.
Lees vandag 'n teks en oor 'n paar dae dieselfde teks, dan spring daar
dikwels iets nuuts uit daardie teks, so asof jy dit nog nooit gelees het
nie.
Glo maar gerus die Bybel, dit het baie
indrukwekkend tot stand gekom! Dit IS die Woord van God.
“Men do not reject
the Bible because it contradicts itself, but because it contradicts them”
– E. Paul Hovey
“Scriptures are shallow enough for a
babe to come and drink without fear of drowning and deep enough for
theologians to swim in without ever touching the bottom” – Walter
Henrichsen
|